OUDTSHOORN NUUS - Kannaland Munisipaliteit het vanmiddag om 14:00 op Facebook aangekondig dat hul munisipale bestuurder Morné Hoogbaard vanmiddag oorlede is.
Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.
"Ons dink in die tyd aan sy familie en dra hul op in ons gebede. U as gemeenskap word versoek om in die tyd die familie op te dra in gebede. Verdere reëlings sal later aan u bekend gemaak word."
In die verklaring spreek die munisipaliteit hul meegevoel uit aan sy familie. Oudtshoorn Courant sal meer inligting beskikbaar maak sodra dit beskikbaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’