OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Bridgton, Oudtshoorn, is in die streekhof 18 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy aan moord skuldig bevind is.
Klaas Pieterse is daarvan aangekla dat hy op 15 September 2019 vir Jan Botha in Smartie Town met 'n byl gekap en met 'n mes gesteek het.
Hy het onskuldig gepleit op die aanklag van moord. Hy het in ‘n pleitverduideliking erken dat hy die betrokke dag op die toneel was en Botha uit selfverdediging met ‘n mes gesteek het.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het Pieterse se verweer verwerp en hom ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'