OUDTSHOORN NUUS - Ava Montez is verlede Vrydagaand in Sky Lounge & Bar-nagklub as wenner van die tweede Diva Battle-skoonheidskompetisie gekroon.
Sowat 16 deelnemers het vanjaar aangetree vir die glansryke geleentheid wat soos verlede jaar, weer lede van die LGBTQ+-gemeenskap ingesluit het.
Volgens die organiseerder, Danian America, skryf hy die sukses van sy Diva Battle-skoonheidskompetisie aan die harde werk toe wat ingesit word.
"Ek wil graag Oudtshoorn-gemeenskap in geheel bedank dat hulle bankvas agter my staan sowel as mense buite Oudtshoorn wat regtigwaar my 180% ondersteun- dit sê vir my dat my show ernstig opgeneem word. Ook alle eer aan ons Hemelse Vader wat my gehelp het. Agter die skerms werk ek hard met al die girls en ek kan sien dat dit vrugte afwerp. My plan is om die show in die nabye toekoms na ander plekke te neem sodat dit uit sy nate kan groei."
America het ook al die borge en beoordelaars bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’