OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-model-vliegtuigskou is die afgelope naweek vir die 47ste keer aangebied.
Die vliegtuigskou staan nou bekend as die Kango-modelvliegtuigskou en word deur die Kango-vliegklub aangebied.
Ray Moody, ondervoorsitter van die Kango-vliegklub, vertel hy het na Oudtshoorn verhuis om die modelvliegtuigskou te begin.
"By die eerste skou was daar agt modelvliegtuie. Nou, 47 jaar later het 65 modelvliegtuig-vlieëniers met 127 vliegtuigies vir groot vermaak by die Oudtshoorn-lughawe gesorg.
Jaco Erasmus, voorsitter van die Kango-modelvliegtuigklub, sê hy is baie tevrede met die opkoms.
Beide Erasmus en Moody het hul tevredenheid uitgespreek met die honderde mense wat die vliegskou bygewoon het.
Dit het vanjaar van 21 tot 25 September plaasgevind.
Moody sê modelvliegtuig-entoesiaste reis jaarliks van oral in Suid-Afrika om dié vertoning te aanskou.
Modelvliegtuigie staan gereed op by die Oudtshoorn-lughawe.
Foto: Christo Vermaak
Modelvliegtuie soos die het van die vertonings soos die ware Jakob laat lyk. Foto: Ebenezer Titus
Ray Moody, die ondervoorsitter van Kango-vliegklub. Foto: Steven W Evans
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'