Update
OUDTSHOORN NUUS - Alhoewel die Swartbergaps reeds verlede jaar in November vir verkeer oopgestel is, is dit verlede Dinsdag amptelik deur die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Donald Grant, geopen.
Grant het verlede jaar in April ingegryp toe 'n fratsvloed 'n gedeelte van die pas aan Prins albert se kant, tydens 9 April weggespoel het.
Om tyd en geld te spaar het Grant 'n kontrakteur aangestel en daar daar is reeds op 13 April met die herstelwerk begin.
Tydens die opening verlede week het Grant gesê die herstelwerk aan die pas het bykans R10miljoen beloop, maar dit is heelwat goedkoper as wat dit sou wees as plaaslike kundigheid nie gebruik is nie.
Volgens Grant was die herstelwerk aan die pas 'n prioriteitsprojek omdat die pas die ekonomiese slagaar van Prins Albert se toerismebedryf is.
Behalwe dat die padoppervlak heeltemal weggespoel was, was 'n groot deel van die stutmure wat in die 1880's met die hand gepak is ook weg.
Minister Donald Grant en Goliath Lottering, burgemeester van Prins Albert knip die lint tydens die amptelike opening van die Swartbergpas verlede Dinsdag. Hulle is vergesel van verrskeie rolspelers en raadslede. Prins Albert se onderburgemeester, Linda Jaquet, is heel regs. Foto verkaf deur die departement van vervoer en openbare werke.
Die herstelspan moes dus opleiding ontvang om die klipwerk weer met die hand op te bou deur klippe te pak sonder die gebruik van sement.
Die pas is op 19 Oktober oor naweke vir verkeer oopgestel en na 'n besoek van Grant op 9 November, is die pas op 16 November vir daaglikse verkeer oopgestel.
Volgens Grant sal daar nou ook gekyk word na die opgradering van die pas aan die Suidekant waar die padoppervlak besig is om te verswak.
Lees 'n vorige artikel: Swartbergpas is nou oop vir verkeer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'