OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se sportfees is propvol aksie met onder meer Fietsry Suid-Afrika se jeugfees wat in en om die dorp plaasgevind het.
Volgens Corné Bence, bekende in Oudtshoorn fietsrykringe en Wes-Kaapse fietsryvoorsitter, was daar meer as 150 fietsryers betrokke by die byna week lange fees.
Op Donderdag 13 Julie het deelnemers aan die Cross Country-kategorie van die fees deelgeneem, wat net buite Oudtshoorn rondom die plaaslike RedRock Raceway-ovaalbaan plaasgevind het.
Jong fietsryers vanoor Suid-Afrika het in vyf verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem.
Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, was by hierdie spesifieke geleentheid teenwoordig om medaljes te oorhandig.
Minister Anroux Marais saam met die o.15-dogters-kategorie se topdrie; oorheers deur die Eden-span. Foto's: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’