'n Ongeluk op 'n skerp draai op die George-pad vanaf Oudtshoorn het 'n tydjie, net na 09:30 gelede plaasgevind. Slegs een voertuig was betrokke in die ongeluk en lê die voertuig op sy dak. Die bestuurder, 'n jong vrou van Oudtshoorn is nie ernstig beseer nie, maar was sigbaar ontsteld en geskok. Verskeie ambulanse, verkeerspersoneel, asook plaaslike polisie is op die toneel. Sy kry tans mediese behandeling op die toneel.
Verkeerspolisiesie is besig om verkeer attent te maak en word voertuie vanuit Oudtshoorn gestop terwyl hul verkeer om die ongelukstoneel herlei.
Motoriste wat tans onderweg is vanaf Oudtshoorn na George word gemaan om stadiger te bestuur aangesien die voertuig nog op die toneel is.