Met die besoek van die Oudtshoorn Courant sowat twee ure gelede was spanne van Eden-distriksmunisipaliteit en die provinsiale paaie-afdeling besig om die driwwe en brûe skoon te maak.
Dosyne swaarvragmotors staan aan weerskante van die poort wat sedert 19:00 gisteraand gesluit is na 'n wolbreuk tussen Klaarstroom en Beaufort-Wes.

