OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Kunstevriende doen hulle onderneming om elke maand talentvolle musici na Oudtshoorn te nooi, gestand.
Sedert hulle eerste aanbieding by die Cape Karoo Ostrich Emporium bykans twee jaar gelede het die groep verskeie nasionale, internasionale en plaaslike kunstenaars aan gehore voorgestel.
Volgende Dinsdag, 19 November, word 'n uitsonderlike vertoning gereël.
Die plaaslike pianis, Sulayman Human, wat reeds internasionaal naam gemaak het, tree op saam met sy leermeester, John Theodore. Hulle gaan werke van Beethoven, Bach en Liszt vertolk.
Die vertoning begin om 19:00 by die Cape Karoo Ostrich Emporium op die hoek van Rademeyerstraat en Langenhovenweg. (Dit was tot onlangs bekend as die klein Karoo Ostrich Emporium).
Vir navrae en kaartjies teen R80 kontak Annelize by 072 592 3928 of Antoinette by 084 567 1030. Kaartjies is ook by die deure beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'