OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - As deel van die Rotariërs se landswye gesondheidsdae vir families het die Oudtshoorn Rotariërs op 4 en 5 Oktober in Rose Valley en Blomnek, buite De Rust, programme aangebied.
Volgens Suné Rupping, die president van die Oudtshoorn-tak, het gesondheidswerkers 387 mense in Rose Valley ondersoek en 216 in Blomnek.
Daar is ook MIV-toetse sowel as ondersoeke ter voorkoming van borskanker gedoen.
Rupping sê die familiegesondheidsdae, beter bekend as Rotary Family Health Days (RFHD) is 'n Rotariër inisiatief wat landwyd gedoen word om gesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer wat nie vrylik toegang daartoe het nie.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'