OUDTSHOORN NUUS - Die gesoute politikus en voormalige DA-raadslid, Chris McPherson, is die DA se kandidaat as nuwe burgemeester vir Oudtshoorn.
Eleanore Bouw-Spies, kiesafdelingshoof van Oudtshoorn, het vandag bekendgemaak dat sy McPherson genomineer het.
Die DA se keurkomitee het Vrydag na afloop van onderhoude met 5 kandidate op McPherson besluit. Die paneel het uit 20 lede bestaan.
McPherson was tot 2016 ‘n DA-raadslid en is goed vertroud met die uitdagings wat Oudtshoorn in die gesig staar.
Na afloop van die keurkomitee se proses, is die keuse van die kandidaat aan die DA se federale uitvoerende raad voorgelê waar die nominasie van McPherson goedgekeur is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'