OUDTSHOORN NUUS - Die munisipale-skut hou môre hul markdag. Inwoners word gevra om hulle te ondersteun.
Kom stap en speel met die honde of kom koop ‘n lekkerny by die mark.
Colleen Smith, liefdadigheidswerker van Oudtshoorn Dogs in Need. sê belangstellendes wat met die honde wil loop kan hul eie leibande neem.
“Die dag begin 09:00 en eindig 15:00. ‘n Kaartjie kos R50. Kinders is meer as welkom om ook deel te neem.
"Dit gaan hope pret wees en daar is fantastiese pryse vir die gelukstrekking,” het sy gesê.
Volgens haar sal daar ‘n verskeidenheid varsgebak, boerseworsrolle en plante by die mark te koop wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'