OUDTSHOORN NUUS - Die departement van bosbou, visserye en omgewing het verlede week in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit 'n gedeelte van die Grobbelaarsrivier skoongemaak.
Die skoonmaak van die rivier is as deel van Marieneweek gehou.
Leerders van Laerskool Van Rheede, Laerskool Wesbank, Bridgton Sekondêr en die Association for People with Disabilities (APD) het die oggend van 09:00 tot 10:30 elkeen 'n geel vullissak en 'n paar handskoene ontvang om die vullis op te tel.
Die opruimingsprojek het vanaf Kerkstraat tot by die De Jager-sportkompleks gestrek en 20 sakke vullis is uit die rivier verwyder.
Phumeza Simelane, senior kommunikasiebeampte by die departement van bosbou, visserye en die omgewing, het in haar lesing oor herwinning, aan die leerders van die belangrikste vier r's vertel - reduce, re-use, recycle en recover.
Leerders en onderwysers besig om die rivier en omliggende area skoon te maak.
Links is Phumeza Simelane (senior kommunikasie beampte by departement van bosbou, visserye en die omgewing), is besig om aan die skoolkinders te verduidelik waarom dit belangrik is om ons water te bewaar. Regs is Londeka Phetha, ook van die departement van bosbou, visserye en die omgewing.
Leerders en onderwysers help om die rivier skoon te maak. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'