ZOAR NUUS - Die Ladismith-polisie het verlede Vrydag 'n 29-jarige man van Zoar vir handeldryf in dwelms in hegtenis geneem. Hulle het Mandrax ter waarde van R49 800 in sy besit gevind.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het die polisie vir Stewart Williams op die R62 tydens 'n roetine patrollie gestop.
"Die man is deur die polisie deursoek en voor in sy broek is 'n plastieksak gevind met 200 Mandrax-tablette gevind. Met verdere deursoeking is nog twee plastieksakke met 298 tablette gevind."
Williams het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding.
"Die hoof van sigbare polisiëring kapt. Henry Edwardes het die lede geloof vir hul oplettendheid. Hy het ook die gemeenskap aangemoedig om dwelmsmokkelaars aan die polisie te rapporteer. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word."
'Ons bring jou die nuutste Zoar, Klein Karoo nuus'