OUDTSHOORN NUUS - Die Eden Meals On Wheels se Senior Burger Klub het op Mandeladag, 18 Julie, die mammas en babas by die Oudtshoorn-hospitaal se kindersaal met gebreide klerasie bederf.
Dié klerasie wat deur die klub se lede self gebrei is, het onder andere kombersies, babasokkies en mussies ingesluit.
Hul volgende stop was by Rakkertjies voorskoolsentrum waar die Senior Burger Klub meer as 80 gebreide troetel-beertjies aan die kleuters oorhandig het.
Lede van die Eden Meals on Wheels se Senior Burger Klub oorhandig hul gebreide klere aan een van die mamas en haar baba. Foto's verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’