Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS - Mandeladag is op Lategansvlei by die Stadion An der Alten Försten 2 gevier.
Die eienaar Dario Urbanski, die Oudtshoorn munisipale raad se speaker, Julia le Roux-Krowitz, die plaaslike gemeenskap en ander gaste gebraai het.
Tydens die braai het almal hand bygesit om te help bou aan ‘n nuwe vlugbalbaan, langs Urbanski se sokkerstadion.
Drie Duitse gaste, Henrik Bode, Christian Schumacher en Julia Steube, het ook by die groep aangesluit en help werk aan die baan.
Le Roux-Krowitz het Urbanski bedank vir sy diens aan die gemeenskap en gesê: “Hy is iemand wat nie vir homself vat nie, maar vir ander gee.”
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'