Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Zoleka Capa, adjunk-voorsitter van die departement van landbou het vir Mandeladag die Coronation Memorial-tehuis vir bejaardes besoek om die amptelike opening van dié tehuis se groentetuin by te woon.
Die tuin sal deur die departement van landbou se NARYSEC-groep, wat tans deur die departement opgelei word, onderhou en versorg word.
Lees die volledige berig in die koerant.
VIDEO: Die NARYSEC-groep sing na die opening van die groentetuin
VIDEO: Die adjunk-minister van landbou lewer haar toespraak
Die adjunk-minister van landbou het self 'n groente-saailing geplant tydends die opening van die groentetuin by Memorial Coronation tehuis vir bejaardes vir Madibadag.
Van links is Calvin Weyers (ondervoorsitter van die Union Stars- krieketklub), sr. Vanessa Jafta (bestuurder van die Memorial Coronation- tehuis vir bejaardes), Deloris Wewers (mentor van die Memorial Coronation- tehuis vir bejaardes), Elize Arendse (bestuurslid van die Union Starts- krieketklub) en Clarissa Stuurman (lid van die Union Stars- krieketklub).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'