OUDTSHOORN NUUS - 'n 22-jarige man, Monray Lakay, het die week in die Ladismith-landdroshof verskyn na hy vir die moord op sy saamleefmaat in hegtenis geneem is.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die Ladismith-polisie Saterdag in kennis gestel van 'n liggaam van 'n vrou wat 2 km buite Ladismith gevind is.
"Die polisie het die liggaam van die vrou, wat as Sheree Schoeman (25) geïdentifiseer is, naby 'n skuur op die Waterkloof plaas gevind. Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van haar dood is nie."
Pojie het verder gesê Lakay sal vandag (Donderdag) weer in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'