LADISMITH NUUS - 'n 46-jarige man van Nissenville, Ladismith, is verlede Dinsdag in hegtenis geneem vir handeldryf in dwelms.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het die polisie inligting opgevolg en 'n huis in Donsonlaan deursoek.
"Die polisie het op 29,35 gram los tik en 3,68 gram tik wat in 'n sakkie verpak was beslag gelê. Daar is ook 22 Mandrax-tablette gevind. Die dwelms is in die slaapkamer en die kombuis gevind."
Volgens hom is die beskuldigde dieselfde aand vrygelaat en hy moes Vrydag 12 Junie in die landdroshof verskyn.
"Die voorsitter van Ladismith-gemeenskapspolisiëringsforum, Dawid Bothman, het die polisie geloof vir hulle vasberadenheid om dwelms uit te roei. Bothman ook gevra dat die gemeenskap moet voortgaan om inligting aan die polisie te gee."
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'