Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Gaylon Piedt, die man wat Saterdag in die see in Wildernis verdwyn het, se liggaam is nog nie gevind nie.
Volgens Andrea Jooste, Piedt se verloofde, het hy saam met vriende en familie vir die naweek Leentjiesklip toe gegaan.
"Hy sou Saterdag terug gekom het, maar toe kry ons die tyding. Hy en sy vriende het gaan swem. Sy een vriend het verduidelik dat Gaylon tot by die klippe gaan swem het en onder die water in gegaan het. Hy het weer opgekom en weer onder die water verdwyn. Dit was die laaste keer wat hulle hom gesien het."
Volgens ‘n verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut is die polisie se duikspanne steeds besig met die soektog.
Piedt is ‘n bekende rugbyspeler van Bridgton Rugbyklub. Die klubvoorsitter, Benito Metembo, het vanoggend gesê die voorval is vir die klub baie hartseer.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant
Leentjiesklip. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'