OUDTSHOORN NUUS - Die liggaam van 'n man is vroeër vandag in sy motor in die Queen's-winkelsentrum op Oudtshoorn gevind.
Volgens ao Gretchen Michaels van die Oudtshoorn-polisie is die man na bewering aan natuurlike oorsake oorlede.
Hy is deur 'n sekerheidswag in sy voertuig opgelet waarna polisie en paramedici ontbied is, het sy gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’