OUDTSHOORN NUUS - 'n Man wat gister hard met ‘n sypaadjie kennis gemaak het nadat ‘n steier omgeval het, is ongedeerd.
Die man en nog ‘n werker was in Simpsonstraat besig om ‘n hoë boom af te saag toe die steier waarop hulle was omgekantel het.
Terwyl een man daarin kon slaag om aan ‘n tak vas te gryp is die ander een saam met die steier grond toe.
Hy is op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
Sy werkgewer het vanoggend bevestig dat hy slegs kneusplekke opgedoen het. Die ander persoon het vir bykans 15 minute aan ‘n tak ongeveer 12 meter bo die grond vasgeklou voordat hy deur die brandweer gered is.
Die man wat saam met die steier geval het word op die toneel behandel.
Lees 'n vorige artikel: 1 hang in boom na steier omval
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'