LADISMITH NUUS - 'n Man (22) van Mitchells Plain in Kaapstad het verlede week in die Ladismith-landdroshof verskyn na hy met 14,4kg se dagga deur die polisie gevang is.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het die polisie verlede Woensdag 'n taxi op die R62 deursoek.
"Die taxi was vanaf Oudtshoorn na Kaapstad onderweg.
"Die polisie het die taxi tussen Ladismith en Barrydale afgetrek.
"Hulle het 26 sakkies dagga in sy rugsak gevind en 'n verdere 112 sakkies in nog 'n sak wat die verdagte by hom gehad het."
Volgens Cederas was inligting wat hulle van die gemeenskap ontvang het deurslaggewend in die arrestasie.
Die dagga wat gevind is.
"Die stasiebevelvoerder van Ladismith, lt.kol. Jakobus Marthinus, het die gemeenskap geloof vir hul vertroue in die polisie."
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'