GRAAFF-REINET NUUS - Die deeglike optrede van die Graaff-Reinet veediefstal-eenheid het daartoe gelei dat 'n man, wat van veediefstal in die Graaff-Reinet-omgewing beskuldig is, agter tralies beland het.
Die Graaff-Reinet-streekshof het Marchall Plaatjies (47) op Donderdag, 19 Oktober, tot 30 maande gevangenisstraf gevonnis.
Plaatjies, ‘n inwoner van Kroonvale, Graaff-Reinet, was daarvan aangekla dat hy vier Merino-lammers gesteel het.
Die diefstal het plaasgevind op die plaas ‘Spitskop’ van Stompie du Toit in die Graaff-Reinet-distrik in Junie 2015.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'