Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n wit Mazda is in hegtenis geneem nadat hy teen 'n munisipale bakkie gebots het vandag, 2 Januarie.
Volgens wetstoepassers wat in die bakkie was, het die Mazda stilgehou en toe agteruit gery en teen die bakkie gebots.
Die bestuurder van die motor het 'n asemtoets afgelê. Die lesing was heelwat hoër as die wettige perk van 0,05 en hy is op die toneel in hegtenis geneem.
Niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'