Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Buitelander wat 'n winkel op Ladismith bedryf is beseer toe sy swaargelaaide bakkie gerol het.
Die ongeluk het net na 19:00 op die Calitzdorppad sowat 12 km buite Oudtshoorn gebeur.
Die beseerde was alleen in die bakkie en is met privaatvervoer hospitaal toe geneem.
Kyk 'n video hieronder.
Die man se werknemers ruim die toneel op.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'