OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Oudtshoorn is met 'n ernstige kopwond na die hospitaal geneem na hy vanoggend ongeveer 01:00 beheer oor sy voertuig verloor het.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant bekom het, het die voertuig ongeveer 20m teen 'n afgrond afgerol na die bestuurder op die Lategansvlei-pad beheer verloor het.
Die beseerde man het self uit die voertuig geklim en 2 kilometer tot by die naaste plaas geloop om hulp te vra.
Hy is saam met die nooddienste na die hospitaal.
Die voertuig het ongeveer 20m teen 'n afgrond afgerol na die bestuurder op die Lategansvlei-pad beheer verloor het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'