OUDTSHOORN NUUS - Luigi April, plaaslike bekende in hip-hop-kringe wat ook 'n ywerige entrepreneur is, het onlangs sy eie tekkie vrygestel. April het in die verlede ook al sy eie selfoontoepassing, klerereeks en twee boeke bekendgestel.
Volgens April het tekkie-idee sy oorsprong vanaf sy liedjie getiteld Hier kom n' ding. Die afkorting van dié lied se naam is HKND, vandaar die tekkie se naam "HKND ART" is.
April verduidelik dat dié naam die Here se boodskap verteenwoordig van redding vir die mensdom.
Hy sê verder dat dit ook 'n vermenging met die hip-hop-kultuur is deur rymkletsmusiek en graffiti in die naam se uitbeelding.
Vir meer inligting rakende Luigi se nuwe tekkie-produk skakel hom by 071 696 7222.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'