Gallery
OUDTSHOORN NUUS - ‘n Groot groep 2021-matriekleerlinge van Langenhoven Gimnasium het vanoggend by die skool bymekaar gekom om hul matriekuitslae te ontvang.
Volgens Stephanus Potgieter, die skoolhoof, is hy ongelooflik trots op die leerders.
“Dit was ‘n besondere moeilike twee jaar vir elke leerder wat hier staan. Ons as onderwysers was bekommerd oor ‘n paar van die leerders, maar vandag kan ek sê ons is regtig trots op julle.”
FOTOGALERY: Gimmie se 2021 Matrieks ontvang uitslae
Volgens hom het 138 leerders uit die 139 matriek geslaag.
Die skool spog ook met 15 A-kandidate en 98 A-simbole. Die skool se graadgemiddeld is 63,8%.
Die skool se top 20 is as volg:
- Lilani Nel 90,1%
- Hannelize Olivier 88,4%
- Tanishka Janse van Vuuren 87,7%
- Johannes van der Walt 85,6%
- Marelé Snyman 84,6%
- Benjamin Thomas 84,3%
- Chrizelle Alberts 84,1%
- Welmari Delport 83,1%
- Ro-lize Oosthuizen 82,1%
- Anine Siebrits 81,7%
- Lydia le Roux 81,6%
- Monique Snyman 81,1%
- Karla Esterhuizen 80,6%
- Monique Fourie 80,4%
- Pierre du Plessis 80,3%
- Marcus Tredoux 79%
- Chrisna Vogel 78%
- Chanté Botha 77,7%
- Antonio Upman 76,7%
- Danelle Conradie 76,4%
Die top 20.
Die top 5.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'