OUDTSHOORN NUUS - Philip la Grange (45), lid van die Oudtshoorn-fietsryklub, het Sondagoggend tydens 'n fietsrit in 'n fratsongeluk omgekom.
La Grange het in Beaufort-Wes gewoon en was vir jare 'n bekende en geliefde fietsryers in Oudtshoorn fietsrykringe.
Omdat Beaufort-Wes nie sy oor sy eie fietsryklub beskik nie, het la Grange hom by Oudtshoorn-fietsryklub aangesluit.
Volgens Cornè Nel, boesemvriend van La Grange, was hulle vier vriende wat Sondagoggend die De Jagers-paspad in Beaufort -Wes met hul fietse aangedurf het. "Die plan was om so 80km met ons fietse op diè grondpad af te lê. Alles het aanvanklik goed afgeloop totdat Philip by die laaste draai beheer verloor en in 'n sloot beland het. Binne die sloot was daar groot klippe en hy moes sy kop daarteen gestamp het.
"Hy was voorwaar die sout van die aarde - 'n mense mens uit en uit. Ek gaan hom verskriklik mis," het 'n emosionele Nel aan die Oudtshoorn Courant gesê.
Le Grange word deur sy vrou Linette en twee dogters Lana en Lisa, oorleef.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'