OUDTSHOORN NUUS - Dit was 'n wonderlike twee weke wat hy nie maklik sal vergeet nie.
So sê Llewayden Jacobs (18 ), 'n trompetspeler van die Oudtshoorn Lutherse Kerk Jeugbrigade oor sy besoek aan Duitsland waar hy verskeie gemeentes besoek en die jaarlikse Kirchentag, 'n baie groot kerkbyeenkoms, bygewoon het.
Die besoek was volgens Pat Sambo, sinodale verteenwoordiger van die Oudtshoorn Lutherse Kerk, deel van die kerk se internasionale vieringe van 500 jaar van Hervorming.
"Jacobs het die Oudtshoorn Parogie, die Moria Kring, die Kaap Oranje Bisdom van die Lutherse Kerk in Suid-Afrika verteenwoordig," sê Sambo.
Hy was een van vier jong Suid-Afrikaanse musikante wat die eer te beurt geval het.
Hy het by die Kirchentag 'n musiek werksessie bygewoon waar hy baie geleer het en wil dit nou met sy mede-orkeslede deel.
"Die mense in Duitsland is baie vriendelik en ek het my tyd terdeë geniet. Ek het ook 'n skuiftrompet as geskenk ontvang," vertel Jacobs.
ARTIKEL EN FOTO: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'