OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep ontevrede lewensredders het vanoggend die banketsaal waar 'n raadsvergadering in sitting was, asook die munisipale bestuurder se kantoor by die Oudtshoorn-munisipaliteit bestorm as deel van 'n protesaksie.
Die munisipale bestuurder was nie ten tyde van die voorval in sy kantoor nie.
Volgens een van die lewensredders is hulle die afgelope maand ten volle deur Lifeguard SA by NA Smit-swembad opgelei, en eis hulle nou dat die munisipaliteit sy beloftes om opgeleide lewensredders oor die feestyd by munisipale- swembaddens in diens te neem, gestand doen.
Sekuriteitswagte monitor tans die situasie.
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'