Liza de Beer, 'n lid van Die Oudtshoorn Lighuis storie- en dramaklub, sê die geleentheid is baie besonders vir kinders van Oudtshoorn.
"Nal'ibali is baie bekend onder die kinders. Vrydag het ons die Oudtshoorn lief Storiedag en leerders van Little Bo-Peep en Vreugdevoetjies gaan saam kom speel en stories luister. Die middag gaan ons kinders van die Lighuis en 'n klas van Laerskool Laurus 'n sessie hê. Sater is daar 'n inspirasiewerkswinkel," het sy opgewonde vertel.