GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid in George kan bevestig dat 'n graad-7 leerder van dié skool positief getoets het vir Covid-19.
'n Verklaring wat vanoggend deur die skool uitgereik is, lees soos volg:
"Die leerder se identiteit word beskerm. Die leerder is in die sorg van ouers tuis onder self-isolasie geplaas en ontvang mediese behandeling. Die leerder word tans as stabiel beskou.
"Die voorgestelde WKOD COVID-19 protokol is geaktiveer en daar is 'n lys saamgestel van alle leerders en onderwysers wat noue kontak met die leerder gehad het. Almal word opgevolg en word versoek om hulself te isoleer volgens die bepaalde protokol.
"lndien u nie persoonlik gekontak word deur die departement of LGS nie, val u buite die gevaarsone soos bepaal deur die protokol. Daar is wel Sondag 'n algemene skrywe aan die graad 7-ouers gestuur om bewus
te wees van die simptome soos uiteengesit.
"Hierdie is nie 'n tyd vir paniek nie en dit is belangrik om u en u gesin so veilig as moontlik te hou. Sodra daar meer inligting beskikbaar word, sal ons dit onmiddellik kommunikeer.
"Dit is belangrik dat indien u of enige van u kinders positief getoets word vir COVID-19, om die skoolhoof, 'Mnr. Sas du Plessis (skoolhoof@lgs.co.za) onmiddellik daarvan in kennis te stel. Die kontaknommer van die gevalle dokter word slegs gebruik indien erge simptone ervaar word. In enige ander geval, kan u huisdokter geskakel word.
"Die veiligheid van ons leerders bly ons prioriteitl"
Lees verwante artikels:
- Two Covid-19 cases in self-isolation at Oubaai
- Oubaai resident positive for Covid-19
- Fancourt member tests positive for Covid-19
- Fancourt guest tests negative
- Knysna's first 2 victims
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'