OUDTSHOORN NUUS - Jeugdag is Maandag op Lategansvlei met talle aktiwiteite vir die jeugdiges gevier.
Volgens Dario Urbanski, wat 'n gastehuis op Lategansvlei bedryf, was die dag 'n reusesukses.
"Ons het sokkerwedstryde gehad en 'n fantastiese dansgroep van Calitzdorp, Aspris, het ook opgetree.
Abriël Afrikaner, 'n komediant van Calitzdorp was seker die hoogtepunt van die dag en het almal wat teenwoordig was laat skaterlag," het hy gesê.
Volgens hom het hulle ongeveer 250 mense by die geleentheid gehad en almal het lekker saam gekuier en geëet.
Bluewater-sokkerklub was die wenspan van die dag en Union Lategansvlei was in die tweede plek.
"Ons wil veral vir die Calitzdorp-polisie bedank wat ook 'n bydra tot die dag gelewer het."
Inwoners van Lategansvlei wat gehelp het om kos te maak. Foto's verskaf
Union Lategansvlei en Bluewater het mekaar die stryd op Jeugdag aangesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'