LADISMITH NUUS - "Short term glory, veroorsaak soms long term problems."
Met hierdie woorde het die nuutaangestelde landdros op Ladismith, Dmitri Mitchell (31), die jongste landdros in die Wes-Kaap, leerders gemotiveer om van misdaad af weg te bly.
Mitchell het glad nie gehuiwer om die kans om met jong leerders interaksie te hê aan te gryp nie.
Hy het saam met 'n groep polisielede die skool besoek.
In sy praatjie het Mitchell leerders aangemoedig om hul drome na te jaag en aan hulle gesê dat moeilike omstandighede hulle nie moet terughou nie.
"Tough times don't last, tough people do. Ek weet hier voor my staan advokate, polisiemanne en -vroue, Springbokspelers en enige beroep wat jy verkies. Jy het 'n sleutel in jou hand. Maar pasop om verkeerde deure oop te sluit.
Ons deure staan oop vir julle sodat julle met my of die polisie kan kom gesels oor julle uitdagings. Ons is nie hier om gevrees te word nie, maar julle moet daarna streef om nie met die gereg te bots nie. Ons het volle vertroue in julle."
Sers. Bennet de Wee, het leerders gewaarsku om weg te bly van dwelms.
"As julle weet van misdaad, meld dit aan. Jy is nie 'n verraaier nie, jy kies eenvoudig om die regte ding te doen."
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'