WES-KAAP NUUS - Kategoriewenners van vanjaar se Prestige Landbouwerker van die Jaar-kompetisie het Maandag na Kromme Rhee, Kaap-omgewing vertrek vir die finale uitdunronde van die kompetisie.
Die kompetisie, wat deur Shoprite en Wes-Kaapse departement van landbou geborg word, is vanjaar vir die 16de keer deur die departement se afdeling landelike ontwikkeling aangebied.
'n Paneel van beoordelaars het Dinsdag met elkeen 'n onderhoud gevoer om te bepaal wie van hulle in November as Wes-Kaapse wenners aangewys sal word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'