Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Thomas Oosthuizen is Vrydag aangewys as die Landbouwerker van die Jaar 2023 vir die Klein-Karoo-streek.
Die spesiale toekenning is tydens die Wes-Kaap Prestige Agri-toekennings aan hom oorhandig.
FOTOGALERY: Landbouwerker van die Jaar 2023 vir die Klein-Karoo-streek
JP Schoeman-boerdery is gedurende die geleentheid as die beste presterende plaas aangewys, terwyl Marietta Jansen die toekenning vir beste potensiaal ingepalm het. 49 mans en 18 vroue is vir die toekennings ingeskryf.
Dié toekennings is geïnisieer om erkenning te gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in die Wes-Kaap lewer.
Deur die aanbieding van die toekenning wil die Wes-Kaapse departement van landbou die landbouwerkers se omvang en begrip van die landbousektor verbreed en hulle aan nuwe lewenservarings blootstel. Dit dien verder as 'n manier om landbouwerkers te motiveer om hul kennis en vaardigheidsbasis te verbeter ten einde geleenthede en persoonlike groei vir toekomstige loopbaanontwikkeling te ontsluit.
Die wenners van die verskillende kategorieë dring deur na die provinsiale toekennings waar die algehele wenner van die Provinsiale Landbouwerker van die Jaar 2023 tydens 'n spoggeleentheid in November by Grand West in die Kaap aangewys gaan word.
Lees die volledige berig in die week se koerant.
Foto's: Liezl van Niekerk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’