OUDTSHOORN NUUS - Eden Jaggeweerskiet het voorverlede naweek die Safari Outdoor Nightforce staalgong-uitdaging naby Waboomskraal aangebied.
Skuts van 27 spanne met vier skuts elk, van oor die land heen het aan die kompetisie deelgeneem.
Ses skietbane met vyf staalgongs elk, is opgestel afstande wat gewissel het van 175 tot 385 meter. Skuts moes die bane uit verskillende jagposisies baas raak. Die Wolwe-span al die pad van Mpumalanga was die wenners in die kompetisie klas.
Die Wenspan was tweede en Team Savage derde.
Inyathi, die invoerders van Nightforce teleskope, tesame met Safari Outdoor, het pryse ter waarde van R200 000 beskikbaar gestel.
Die span wat die jagtersklas gewen het was AHS (Aim, Hold, Send it) van Riversdal. Die vier spanlede is, van links:
Tommy Dixon, Johan du Plooy, Raynor Becker en Johan Delport
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'