LADISMITH NUUSFLITS - Die Ladismith-polisie vra die hulp van die publiek na 'n 85-jarige man uit die hospitaal verdwyn het.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, is Adam Pretorius van Vygielaan, Ladismith, op 14 Maart in die Allan Blyth-hospitaal opgeneem.
"Die polisie is Maandag 19 Maart in kennis gestel dat hy vanaf die hospitaal weggeloop het."
Die vermiste persoon is 1,7m lank, het grys hare en bruin oë. Hy was gekleë in roomkleurige geruite hemp en navy broek. Hy het ook bruin skoene en rooi 'n pet aangehad.
"'n Grootskaalse soektog is vanoggend voortgesit wat bestaan uit K9 honde van die honde-eenheid, ambulansdienste, lede van die polisie, vrywilligers van buurtwagte en familielede."
Enigiemand met inligting kan die hoof van sigbare polisiëring, Kaptein Henry Edwardes, by 028 551 8100 of 082 379 4111 skakel.
Inligting sal as vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'