LADISMITH NUUS - Ladismith-polisie benodig hulp van die publiek om inligting te verskaf oor 'n tref-en-trap-ongeluk wat op 29 Julie gebeur het.
'n 36-jarige, Jeanette Ruiters, van Hoeko is dood na sy deur 'n onbekende voertuig doodgery is. Die ongeluk het in Hoeko gebeur.
Ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê met die aankoms van die polisie op die toneel was die vrou reeds dood.
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
"Enige inligting oor die ongeluk kan aan die ondersoek beampte, speursersant Damian Manuel, deurgegee word. Skakel hom 028 551 8135 of die speurderskantoor by 028 551 8127. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'