OUDTSHOORN NUUS - Kiki L'Amour is verlede Vrydagaand by Fantasy-nagklub as wenner van die Battle of the Diva's-skoonheidskompetisie gekroon. Altesaam 13 deelnemers het aan die glansryke geleentheid, wat lede van die LGBT-gemeenskap ingesluit het, deelgeneem.
Vanjaar is derde jaar wat dié kompetisie suksesvol aangebied word. Die stigter, Danian America, sê dat sy skoonheidskompetisie alle verwagtinge oortref het.
"Baie dankie aan die breë gemeenskap wat dit so goed ondersteun. Daar is ook heelwat planne in die pyplyn om die Diva Battle uit te brei na ander dorpe wat hopelik binnekort sal gebeur. Baie geluk aan al die wenners en deelnemers wat vir twee mande lank geoefen het - julle is almal wenners," het America gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’