OUDTSHOORN NUUS - Die suksesvolle aanbieding van 'n kultuuraand deur die Oudtshoorn United Congregational kerk Saterdagaand in die burgersentrum moet 'n jaarlikse instelling word.
Dit is die mening van talle wat die geleentheid bygewoon het.
Die opvoering is aangebied as voorloper ter viering van die kerk se 180ste bestaansjaar aanstaande jaar.
Die hoofitem op die program was die optrede van die bekende operasanger van Kaapstad, James Bhemgee, wenner van die 2010 SA Got Talent-kompetisie. Bhemgee het nie teleurgestel nie en staande applous gekry.
Dan was daar Oudtshoorn se eie befaamde pianis, John Theodore, die Kambro Diggers, wat vir 'n watertand dramaopvoering gesorg het, die saxofoonspeler, Charles Williams, wat deesdae in Engeland woon, die kitaarspeler David Bennie, die twee jong baldansers, Carson Solomons en Amber Saayman van die Windon Botha-dansskool, die orkes van die Nuwe Apostoliese Kerk, sang deur Sonia Visagie van Montagu en die optrede van twee digters, Andy Fortuin en Poem Mooney.
Ook die kerkkoor, onder leiding van Karin April, het vir sang uit die boonste rakke gesorg.
Kambroo Diggers.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'