OUDTSHOORN NUUS - 'n Liplekker-ervaring word daagliks van 11:00 tot 19:00 aangebied, wat voortbou op die sukses van verlede jaar.
Heerlike Karoo- en ander lekkernye kan geproe word, waaronder wyn van Boplaas, De Krans, Calitzdorp-kelders en 'n wye verskeidenheid wyne van die oudste wynstokke in Suid-Afrika deur Old Vines, volstruisprodukte van Ostriland Meat, O for Olive se olywe, Guy Guersney Dairy se kase, handgemaakte sjokolade van La Chocolaterie Rococo en koffie en ander drinkgoed van Beans about Coffee.
Classics 4U se gewilde CD- en DVD-winkel keer terug, met hope musiekwinskope.
Verskeie kunsuitstallings deur plaaslike en besoekende kunstenaars is tydens Klassique op en om Oudtshoorn te sien.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'