OUDTSHOORN NUUS - Die somer is hier en inwoners, asook besoekers soek gewoonlik lafenis teen die hitte van die Karoo. Die Oudtshoorn-munisipaliteit het bevestig dat die swembaddens in perfekte toestand is.
Die Bongolethu-, NA Smit-, Kerkstraat- en Bridgton-swembaddens is gevul en reg vir besoekers.
Die tye is soos volg:
Desember tot Februarie
- Daagliks oop behalwe Kersdag
- Maandag tot Saterdag: 10:00 - 18:00
- Sondag: 12:00 - 18:00
Toegangsfooi
Die publiek moet kennis neem dat die daaglikse tariewe R19 per volwassenes en R6 vir kinders is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’