Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Opel Corsa-bakkie het hoofbeserings opgedoen toe hy met 'n aankomende Ford-bakkie gebots het.
Volgens een van die bestuurders was die twee bakkies in teenoorgestelde rigtings met Baron van Reedestraat onderweg.
Die Corsa het by die kruising regs gedraai en is deur die aankomende Ford getref.
Daar was 'n aantal maande gelede 'n hele afvaardiging van rolspelers wat moontlike oplossings vir die kruising sou ondersoek het. Tot op datum het die media nog geen terugvoer ontvang oor die kwessie nie.
VIDEO: Bakkies in botsing by kruising
'n Opel Corsa-bakkie het met 'n Ford-bakkie gebots.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'