Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Eerder as om by die huis te sit en tob, het Pieter du Plessis (25) in 'n besige entrepreneur ontwikkel.
Pieter kon as gevolg van spesiale behoeftes nie 'n skoolloopbaan voltooi en 'n vaste werk kry nie.
Bykans drie jaar gelede het hy met die aansporing van sy ma, Gerna Nortier, begin om krale te ryg en sommer gou het sy reeks na serpe, oorkrabbertjies en borsspelde uitgebrei.
Die jong man, wat nooit 'n negatiewe woord het nie, en altyd lag, laat nie 'n geleentheid verbygaan om iewers 'n stalletjie oo te slaan nie.
Hy verskaf tans voorraad aan drie winkels op die dorp en van sy krale is al oorsee gestuur.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'