OUDTSHOORN NUUS - Dit is die derde agtereenvolgende week sedert die algehele inperkings begin het wat Rodney Gelant en sy span kospakkies aan behoeftige persone oorhandig.
Volgens Gelant, van Oudtshoorn Top Model Academy, het hulle die week 'n reuseskenking ontvang.
"Ons kon die week 60 pakkies bymekaarmaak en ons het nog genoeg oor sodat ons volgende week weer 'n uitreik kan doen. Dis meer as dubbel wat ons verlede week gedoen het. Daar is baie wat uit ons eie sakke kom soos brandstof, maar deur genade kan ons die lewe vir ander makliker maak.
“Die week voorsien ons pakkies aan tuberkulose- en vigspasiënte by die onderskeie klinieke in die streek. Dit is dus 10 pakkies per kliniek. Ons doen dit met die hulp van die klinieksusters."
Gelant sê dié uitreik laat hom nederig en het hy besef hoe groot die nood daar buite werklik is.
"Om die glimlagte om mense en kinders se gesigte te sien wanneer ons die pakkies oorhandig is ongelooflik. Dit maak dit wat ons doen absoluut die moeite werd."
Gelant sê hy en sy span was tot dusver ook geweldig geseënd.
"Verskeie instansies, waaronder die polisie, het deel geraak van die projek. Ons kan natuurlik nie alles self uitdeel nie omdat ons by die reëls van die inperking moet hou, maar te danke aan almal wat betrokke is kon ons tot dusver al ons pakkies aan mense oorhandig."
Gelant sê hy wil ook Bennedette Landman, semifinalis vir Mev. Heelal, bedank vir die borge wat sy werf en Enzo Erasmus en Envor Juta vir die vervoer.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'