Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Na drie jaar is die eerste 'Cuppa for Cansa' verlede Saterdag weer in Oudtshoorn aangebied.
Die suksesvolle dag by Gables Fine Foods in Jan van Riebeeckweg is deur 60 mense bygewoon en het plaasgevind danksy die harde werk van Adri Odendaal en die ruim harte van inwoners en sakelui.
Odendaal is tans die gesig van Kansa op Oudtshoorn en werk baie hard om projekte ten bate van Kansa te loods en ook om mense bewus te maak van die diens wat Kansa in die stryd teen kanker lewer.
Volgens haar was sy aangenaam verras deur die reaksie en ondersteuning wat sy ontvang het.
'Cuppa for Cansa' is een van Kansa se projekte waarmee geld ingesamel word om die bykans 115 000 mense landwyd wat met kanker gediagnoseer is, by te staan.
Dokter Douglas Seton en 'n kankeroorwinnaar, Shaun Douglas, was die gassprekers terwyl die Eurythmic Dancers die gaste vermaak het. Die bekende vermaaklikheidskunstenaar, Paul Amas, het die program behartig. Volgens Odendaal is die volgende Kansa-projek 'n pretloop ten bate van borskankerbewusmaking op 23 Oktober.
Kansa se kantore is tans in kamer 111 op die eerste vloer van die Allied-gebou in Kerkstraat. Verskeie Kansa-produkte is daar te koop. Kontak hulle by 072 133 0444 indien jy betrokke wil raak of 'n bydrae wil lewer.
Kyk 'n video hieronder
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'