LADISMITH NUUS - Twee persone van Ladismithin die Oudtshoorn-landdros vir koperdiefstal gevonnis.
Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, is twee koperdiewe, Limpi Ramaipato (41) en Mkhanyisi Mkohle (26), tot 10 jaar tronkstraf gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Die arrestasie van Ramaipato en Mkohle volg nadat hulle in Mei 2017 op die R62 hoofweg, in Ladismith, op heterdaad betrap was.
"Hulle was besig om Telkom-koperdraad te knip.
"Die 20 koperdraadrolle waarmee hulle gevang was, se waarde beloop meer as R226 222."
Die twee is ook deur die streekhof onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit en albei sal agt jaar direkte gevangenisstraf uitdien.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'